Starting Point

***THIS IS YOUR STARTING POINT TO CHANGE YOUR LIFE: Fill in your name en email address at the bottom of this page to find out how you can also make money online in a few Easy Steps to start working from Home! *** Works anywhere in the world!

Friday, April 22, 2011

Hoe kan ek 'n tweede inkomste verdien

Baie mense vra die vraag...hoe kan ek van die huis af werk of hoe kan ek 'n tweede inkomste verdien.

Daar is verskeie maniere maar een van die gewildste maniere maar terselfdertyd ook een van die metodes waarvoor mense die bangste is, is Netwerk Bemarking of MLM, ook bekend as Multi-Vlak Bemarking.

Gewoonlik is die eerste woorde wat mens hoor wanneer jy met iemand daaroor praat...."ek glo nie in Piramiede skemas nie".

Wel, kom ek vertel jou dat groot internasionale maatskappye gebruik maak van netwerk bemarking en dat dit in die VSA 'n baie groot bron van inkomste asook van bemarking is.

Wat is dan die verskil tussen 'n piramide skema en wettige MLM.  Daar is verskeie vereistes wat gestel word om 'n produk wettiglik dmv MLM te bemark waarvan ek net 'n paar hier gaan uitlig om jou te help om in die toekoms die rooiligte van gevaar te sien en te kan onderskei tussen die twee.

PIRAMIDE SKEMA
Met 'n pirmaide skema word geld verky van een groep mense en dieselfde geld word weer gebruik om ander mense te betaal...natuurlik minus die grootste hoeveelheid wat in die sakkke gesteek word van die persone wat die "Piramide Skema begin het". Hulle word die meeste daardeur verryk.  Gewoonlik kry die eerste paar mense wat geld belê heelwat terug en dit het dan 'n sneeubal effek. Hulle vertel vir al hulle vriende en so groei die piramide sommer vanself. Mense is ongelooflik goedelowig wanneer dit by geld kom. Hulle dink altyd daar is iemand wat 'n wondermanier uitgevind het hoe om baie geld te maak deur niks te doen nie en dat hierdie selfde mense so gaaf is om dit met almal te deel sodat almal skielik kan ryk word deur vir hierdie ou jou swaarverdiende geld te gee en dan sal hy jou geld sommer vervierdubbel binne 'n baie kort tydjie.  Glo dit maar as jy wil, ek doen nie.

Die geld word verkry deur leë beloftes van ongelooflike hoë inkomste wat verkry kan word deur kamtige beleggings wat aan hierdie persone gemaak word. PASOP hiervoor. Hierdie persone kan die storie nogal baie goed kamoefleer deur 'n amptelike besigheid te registreer wat dit nogal geloofwaardig kan laat lyk.

Gewoonlik hoef jy ook net een belegging te maak waarop jy dan binne 'n kort tydjie 'n verskriklike hoë inkomste sal verdien. Pasop hiervoor. Vra jouself af, waar kom die geld vandaan waamee hierdie ou jou gaan betaal. Wat doen hy daarmee. Kan hy aan jou 'n bewys gee van wat hy doen. Indien nie, los maar liewer en hou jou geld in jou sak. Dit is baie veiliger daar.

MLM (Multivlak Bemarking/) of Netwerk Bemarking

Om dit makliker te maak gaan ek net praat van MLM. Dit sluit al die bg in.

1. Eerstens, daar moet 'n produk of diens wees wat gelewer word.
2. Daar moet 'n gereelde invloei van geld in die besigheid wees. Hierdie geld word betaal vir die produk of diens wat gelewer word.

Om hierdie produk/diens te bemark word van hierdie geld wat daarvoor betaal word verdeel. 'n Gedeelte gaan aan die eienaar van die besigheid vir die diens of produk wat hy lewer. 'n Gedeelte word gebruik om onkostes te dek om die produk/diens beskikbaar te stel en 'n gedeelte word gebruik vir bemarking.

3. Kommssie: Dit is die gedeelte wat aan die persone uitbetaal word om die produk of die diens te bemark of te verkoop. Dit is waar jou inkomste vandaan kom.

Dit is waar die Netwerk nou ter sprake kom en wat baie mense verwar met 'n piramide skema.

Ons weet almal dat baie maatskappye gebruik maar van verkoops mense ook bekend as reps. Hierdie reps verdien 'n kommissie op hulle maandelikse verkope.

Gestel 'n produk kos R100.00 en die rep verdien 10% op sy verkope dan verdien hy R10.00 vir elke produk wat hy verkoop.

Met MLM werk dit presies dieselfde maar die 10% word nou verdeel in verskeie reps op verskeie vlakke onder hom waarvan elkeen 'n deel kry. Gewoonlik is die persentasie wat verdeel word ook heelwat groter 60% tot 70%.  Maw, ek sluit aan en verwys jou. Jy sluit aan op my vlak 2 en verwys iemand wat dan op jou vlak 2 en op my vlak 3 is. So gaan dit aan to op vlak 7 of 9 afhangende van die struktuur wat die produk aanbied. Ek verdien nou 'n inkomste van almal op al die vlakke onder my en so oook jy. Elke persoon bou aan sy eie netwerk onder hom en dit hang af van hoe hard jy bereid is om te werk hoeveel mense onder jou is en hoe groot jou inkomste gaan wees. Dit is dus nie 'n piramide waar net die boonste ou 'n klomp geld verdien nie maar eintlik net die teenoorgestelde waar elke persoon aan sy eie netwerk bou om daardeur sy inkomste te vergroot.

Voorbeeld
Maw, ek bemark nou Produk X teen R100.00 waarvoor die kommsie 70% is. Ek kry nie 70% op elke produk wat ek verkoop nie.

Deur MLM word daar 'n struktuur deur die mpy vasgestel sodat ek ander mense kan verwys onder my en hulle kan weer op hulle beurt mense verwys. Hierdie is gewoonlik die verwarring met 'n piramide skema. Die groot verskil hier is dat 'n wettige produk deur verskeie mense bemark word en die kommissie word dan deur almal gedeel.

Het jy al die gesêgde gehoor "EK KRY LIEWER 5% VAN IETS AS 100% VAN NIKS". Dit is presies wat hier gebeur maar nou kry jy 'n persentasie van almal onder jou ook. Jou inkomste potensiaal is nou soveel groter as wat jy alleen probeer het om iets te verkoop.  Jy deel in die sukses van almal onder jou.

Die hoeveelheid vlakke onder jou kan verskil maar gewoonlik is dit tussen 5 tot 7 of selfs 9 vlakke. Die 70% kommissie word nou verdeel tussen almal op hierdie 9 vlakke en dit bied aan mense 'n geleentheid om vir 'n baie klein maandelikse bedrag 'n besigheid op te bou met 'n baie groot inkomste potensiaal oor 'n tydperk.

Dit bring ons by die volgende punt. Die mense wat by so 'n mpy aansluit om 'n produk of diens te verkoop verkeer baie keer reeds onder soveel finasiële druk en is op soek na 'n wonderwerk as 'n laaste uitweg om oornag uit hulle finasiële moeilikheid uit te kom. Hierdie besigheid kan nie vir jou oornag sukses gee nie maar dit kan wel vir jou 'n stabiele inkomste gee oor 'n lang tydperk as jy bereid is om hard daaraan te werk.

Wanneer jy besluit om wel aan te sluit, maak seker dat jy die maandelikse bedrag wat betaal moet word, kan bekostig.   Tweedens moet jy bereid wees om te werk aan jou besigheid en derdens moet jy nie wonderwerke oornag verwag nie.

Vierdens moet jy bereid wees om te leer hoe die stelsel werk en maak gebruik van die ondersteuning wat die mpy jou bied. Hulle is gewoonlik baie bereidwillig om nuwelinge te help aangesien jou sukses tot voordeel van almal in die hele mpy is.

Nou waar kom die woord Passiewe Inkomste verdaan. Dit beteken nie dat jy passief hoef te wees en niks te doen nie maar wel die volgende: Sodra jy 'n persoon gekry het om onder jou aan te sluit en hy betaal sy maandelikse bedrag vir die produk of die diens hoef jy nie weer iets aan hom te probeer verkoop nie aangesien hy wel maandeliks betaal en jy dus elke maand 'n passiewe inkomste van hom verdien.

Nou waar kan jy so 'n mpy kry?  Ek het aangesluit by twee Suid Afrikaanse mpy wat 'n uitstekende produk het.
 om te gaan kyk hoe lyk so 'n mpy. Vul jou naam en epos adres in by die spasie wat daarvoor voorsien word en besluit dan self of jy wil aansluit.