Starting Point

***THIS IS YOUR STARTING POINT TO CHANGE YOUR LIFE: Fill in your name en email address at the bottom of this page to find out how you can also make money online in a few Easy Steps to start working from Home! *** Works anywhere in the world!

Saturday, August 6, 2011

Die geheim van sukses met Netwerk Bemarking

Ek soek 'n goeie besigheid op die internet om mee geld te maak - enige voorstelle

Doen my 'n guns, plaas jou kommentaar hieronder en plaas dit op jou FB bladsy.

Gebruik hierdie as 'n vinnige toets. Gaan na enige netwerk forum of op facebook en vra die vraag hierbo...

Kyk wat gebeur . . .

Eerstens sal dit die mees gewildste onderwerp wees vir omtrent 'n week of twee en al wat 'n netwerk bemarker is gaan spring vir die geleentheid om jou te red en en jou te probeer oortuig om by sy of haar  besigheid aan te sluit. Hulle gaan vir jou vertel waarom hulle besigheid soveel beter is as die volgende ou s'n en hoe maklik jy gaan geld maak.

Weet jy wat?

Dit maak nie saak nie!

Totdat die mense in die industrie vertaan dat dit nie gaan oor die verskillende besighede nie maar dat dit oor JOU gaan. Dit gaan oor die unieke waarde wat JY toevoeg en of JY gelukkig en tevrede is met die besigheid waarin jy is!

Mense koop JOU en nie die besigheid of die produk nie. Totdat mens hierdie eenvoudige konsep verstaan sal mense bly hardloop van een program of besigheid na die volgende sonder om sukses te behaal.

As jy ooit geleer word om aan mense te vertel "Kom sluit by my besigheid aan want..." doen JOUSELF  'n guns en moet dit nie doen nie.

Hoekom?

Eerstens, dit is totaal verkeerd! Dit is presies wat 20 ander mense aan die arme mens probeer vertel wat op soek is na 'n besigheid of 'n manier om geld te maak op die internet.

Daardie potensiële nuwe spanlid is totaal deurmekaar en heel moontlik ook al siek en sat vir nog 'n storie oor nog 'n besigheid waarmee jy kan aftree binne 'n maand en miljoene kan verdien. Almal vertel vir jou jy kan so maklik geld maak op die internet. Wel, kom ek vertel vir jou, dit is nie so maklik en dit gebeur ook nie oornag nie. Dit is ook nie regtig waarna hierdie persoon op soek is na nie.

Kom ek verduidelik 'n bietjie meer oor netwerk bemarking.

Die industrie is fantasies. Dit gee die geleentheid aan gewone mense soos ek en jy om 'n besigheid te begin en te bedryf op die internet, op jou eie tyd en teen 'n baie lae koste en jy kan buitengewone dinge en inkomstes bereik. Dit gee aan ons die geleentheid om te groei en te ontwikkel en besondere prestasies te behaal.

Wanneer ons begin is ons nog nie buitengewoon nie.
Meeste mense neem 'n sprong in geloof en sluit by 'n besigheid aan en sê: vertel net vir my wat ek moet doen om geld te maak en ek doen dit!

Dit klink bekend nê?  Miskien het jy dit al self gedoen?

DIt lyk gewoonlik na 'n baie oulike ding om te doen maar
die persoon in wie ons, ons vertroue plaas weet gewoonlik
net so min as ons self oor internet bemarking.


Meeste van die tyd wanneer jy aansluit by 'n nuwe besigheid en
wag vir instruksies oor wat om te doen begin ander mense
AKSIE neem en vir hulleself uitvind wat om te doen en hulle kry resultate.
Hierdie ouens van aksie kry die inligting wat  nodig is om van hulle nuwe
besigheid 'n sukses te maak, leer wat gedoen moet word en implimenteer dit.

In die werks mentaliteit waar jy vir iemand werk is die meeste mense gewoond
daaraan om met 'n lepel gevoer te word met instruksies en dit dit dan slaafs uit
te voer.

Dit is tyd vir 'n dosis realiteit en jou entrepeneur hoed op te sit en vir jouself te
begin dink.

Ja, stelsels is goed om te ken en as jy weet wat om te doen is dit fantasties en as
jy 'n goeie persoon en leier het wat jou voorgestel het aan die program of
besigheid is dit fantasties maar hierdie is nie 'n werk nie. Jy moet verantwoordelikheid
neem om te bly leer en groei ongeag of jy 'n goeie leier het in die program/ besigheid of nie.

Jy moet self 'n leier word om sukses te bereik!

Dis reg, jou sukses is in jou hande. As jy dit hanteer soos enige ander werk of stokperdjie gaan jy dieselfde tipe geld verdien....YUCK! Dit is nie wat jy wil hê nie, is dit?

Die gevaar is. . .
Ons probeer die besigheid of program voorhou aan potensiële kliënte as die beste in die mark wat nie weerstaan kan word en waarby hulle dadelik by wil aansluit omrede hulle miljoene kan maak. In die proses verdwyn jy in die  agtergrond.

Dit is baie gevaarlik want dit laat potensiële kliënte met 'n keuse van verskillende programme waarvan hulle kan kies om by aan te sluit. Jy het dus geen beheer verder oor daardie kliënt se keuses nie. Wat eintlik moet gebeur is dat jy jouself moet bemark en vir 'n potensiële kliënt laat weet wat jy aan hom kan bied. Jy moet uitvind wat jou potensiële kliënt se behoeftes is en dan moet jy aan hom verduidelik hoe jy aan daardie behoeftes kan voldoen sodat hy ook sy drome en ideale kan bereik, nie joune nie maar syne.

Dit kan jy slegs doen as jy so 'n persoon leer ken en slegs wanneer hy jou begin vertrou sal hy kyk na jou programme.

Wanneer hy JOU kies kan jy baie meer daardeur wen as wat hy tussen verskillende netwerk bemarkings programme moet kies.  Jy is dus besig om lojaliteit te bou met 'n persoon wat lank by jou sal bly en jou in die toekoms sal ondersteun. You are building loyalty.

Dink terug...hoekom het jy by 'n spesifieke program aangsluit in die verlede? Was dit oor besigheid self of oor die persoon wat dit aan jou gebied het en sy ondersteuning aangebied het sodat jy jou drome kan vervul in die toekoms. Jy wil dalk geld maak of 'n tweede inkomste verdien.

Meeste van ons kies 'n netwerk mpy vir die tweede rede, of ons dit bewustelik doen of nie, dit is wat gebeur.

'n Netwerk bemarkings mpy is net so sterk soos sy leiers en 'n leier is net so sterk soos sy leiers.

Wat 'n regte leier doen is om die tegniese aspekte van die netwerk bemarkings mpy weg te neem en 'n potensiële kliënt die keuse te gee om saam met hom persoonlik te werk. Daarna hang dit af van die ondersteuning wat hy jou bied. Let wel, ek sê nie dat hy vir jou die werk gaan doen nie. daar is ook nie 'n duidelike afbekaneing deur te sê, jy doen A,B en C en dan is jou werk afgehandel nie en jy gaan soveel geld per maand verdien nie. Ek sê weer, jy moet begin dink soos 'n entrepeneur of besigheidsmens en nie soos 'n werknemer wat wag dat sy daaglikse take vir hom gegee word en dan is sy werk afgehandel nie.

Bemark jouself, bied jou dienste aan, help ander met dit wat jy elke dag leer en kyk hoe groei jou besigheid.

Mense kies mense!

As 'n industrie MOET ons ophou om in die agtergrond te beweeg en wegbeweeg daarvan om die besigheid te bemark. Ons moet eintlik die teenoorgestelde doen. Bemark jouself en mense sal jou volg in watter besigheid ookal!

Wat gebeur as jy die mpy bou en iets gebeur met daardie mpy (hy verdwyn dalk oornag, maak toe, eienaar gaan dood), wat dan?

Moet nie vir ander wag om te verander nie, begin self en doen dit nou dadelik! Bou 'n netwerk van mense onder jou op!

Plaas asseblief jou kommentaar hieronder en post dit op jou Facebook bladsy

As jy meer inligitng soek,  KLIEK HIER