Starting Point

***THIS IS YOUR STARTING POINT TO CHANGE YOUR LIFE: Fill in your name en email address at the bottom of this page to find out how you can also make money online in a few Easy Steps to start working from Home! *** Works anywhere in the world!

Saturday, May 7, 2011

Hoe kommunikeer of bemark jy per epos op die internet

Wat is die korrekte manier om met 'n epos te bemark en te kommunikeer?

Verskoon as ek maar die Ingels en Afrikaans so bietjie meng maar baie van die terminologie is makliker verstaanbaar in Engels, daarom gebruik ek dit so.

Daar is iets wat my verskriklik kwaad maak en dit is wanneer iemand iets aan my probeer bemark of 'n grappie stuur per epos en sodra jy daardie epos oopmaak sit die stuurder se hele adreslys daar met almal aan wie hy dit gestuur het. Dit veroorsaak dat my e-pos adres beskikbaar gestel word aan 'n magdom van mense aan wie ek dit nie gegee het nie en hulle kan dus 'n klomp e-pos adresse "oes" om te gebruik om enige snert aan mense te stuur wie nie toestemming daarvoor gegee het nie.

As jy so -n epos wil stuur dan gebruik jy die "Bcc" funksie wat tot gevolg het dat ander mense nie die hele adreslys kan sien aan wie dit gestuur word nie.

Sodra jy begin ernstig raak met internet bemarking kan jy 'n "autoresponder" gebruik. Baie mense weet nog nie wat dit is nie.

'n "Autoresponder"  is seker een van die belangrikste, indien nie die heel belangrikste "tool" wat jy gebruik in Internet Bemarking.

Wat doen jy daarmee?  Kom ek gee vir jou 'n voorbeeld.

Gestel jy bemark 'n produk op die internet en jy plaas 'n klomp advertensies op verskillende plekke (webtuistes). Dit is nogal baie werk en baie van hierdie webtuistes vereis dat jy jou advertensie weekliks opdateer. Kan nogal baie van jou tyd in beslag neem.  Nou goed, jy het nou jou advertensie geplaas en iemand klik op jou advertensie maar op daardie stadium het hy nie tyd om die hele bladsy te lees waarnatoe jy hom stuur nie of hy het bloot nie lus nie. Die persoon beweeg weg en soek verder na iets anders en jy het hom verloor. Jy weet nie wie dit was nie en jy moet weer van vooraf begin adverteer.

Met 'n autoresponder skep jy 'n kort bladsy met 'n kern booskap waarin jy aan die persoon verduidelik deur twee of drie sinnetjies dat jy hom kan help om ekstra geld te verdien of , hoe om 'n tweede inkomste te verdien. AL wat hy moet doen is om sy naam en epos adres in die vormpie in te vul en jy sal die inligting aan hom stuur.

Nou kom die autoresponder se belangrikheid na vore. Jy skryf nou al die inligting wat jy aan mense wil adverteer in briewe en laai dit binne die autoresponder. Jy kan soveel briewe daarin laai as wat jy wil. Selfs 200 of meer. Jy bepaal self wanneer en met watter tussenposes daardie briewe uitgestuur word. Sodra iemand nou sy naam en epos adres in die vormpie voltooi stuur jou autoresponder outomaties aan daardie persoon 'n epos waarin hy toestemming vra dat jy aan hom inligting mag stuur. Dit verhoed dat jy nooit aangekla kan word van spam of  die stuur van ongemagtigde inligting nie. Die persoon wat die epos ontvang moet nou op 'n skakel kliek binne daardie epos en dit aktiveer jou autoresponder.

Hy begin nou met die stuur van jou briewe en jy kan altyd weer aan daardie persoon iets bemark op 'n later stadium. Sy naam en adres bly altyd in jou autoresponder tensy hy dit self verwyder. Dit maak nie saak of daardie ou twaalf uur in die nag en Hong Kong sit en vra vir die inligting nie. Hierdie autoresponder werk 24 uur per dag 375 dae per jaar. Dit spaar soveel van jou tyd om op ander dinge te konsentreer wat saak maak. Ek kan nie verstaan hoe mens sonder so produk kan klaarkom nie.

Verstaan jy nou waarom jy nie jou produk moet bemark nie maar verduidelik net aan 'n persoon dat jy hom kan help met die inligting waarna hy op soek is. Sodra hy sy naam en epos adres aan jou gegee het kan jy keer op keer iets aan hom bemark vir jare wat kom. As hy eenkeer op jou advertensie gekliek het en nie dadelik gekoop het nie, het jy hom verloor. So eenvoudig soos dit. Bou dus 'n verhouding met die mense op jou adreslys op en later wanneer hulle jou ken en vertrou sal hulle by jou koop.

Ek gebruik Traffic Wave as 'n autoresponder en terwyl ek hulle gebruik maak ek terefdertyd geld met Traffic Wave.  Hulle het 'n "affiliate" program waarin jy ook  kan geld verdien deur ander mense van hierdie fantasiese produk en diens te vertel. Die prys is nie baie duur nie en jy kry 'n 30 dae gratis toets periode waarin jy alle funksies ten volle kan gebruik. As jy wil weet hoe,  kliek op GELD MAAk met TRAFFIC WAVE

As jy sukkel om 'n produk te bemark kan Traffic Wave jou ook help. Hulle sal vir jou besoekers kry by jou webtuiste deur hulle advertensie program.

As jy sukkel om mense te kry om onder jou aan te sluit by Traffic Wave, het hulle ook hier vir jou 'n oplossing deur 'n advertensie program waarby jy kan aansluit en so verseker dat jy mense kry om onder jou aan te sluit.

Hoe gebruik jy Traffic Wave vir netwerk bemarking dmv e-posse.

Wat is die koste verbonde aan hierdie produk. Baie goedkoper as wat jy sou verwag vir alles wat jy kry.

Ek hoop hierdie inligting help jou in jou pogings in die wêreld van Internet Bemarking en maak dinge so 'n bietjie makliker.

Wenk: As jy my wil kontak, kliek heel bo aan die bladsy by "Help ander en Help jouself. Teken in op my autoresponder en stuur vir my 'n epos.  Sterkte!

No comments:

Post a Comment